Net oor die 13 jaar getroud .......... einde Februarie 2010 sou ons
saam my jongste dogter-hulle na ons huis in Marloth Park met vakansie
gaan. Ons het by die huis vir hulle
gewag en my man het besluit hy gaan gou kafee toe stap.
Die foon het gelui en dit was my ander dogter, ‘n mediese dokter, met
resultate van ‘n biopsie van ‘n moesie agter op sy linkerskouer........ sy moes
die slegte nuus oordra dat dit melanoom kanker is en reeds derde graad. Ek het dadelik my seun gebel en hy was in ‘n
rekordtyd by ons huis, selfs voor my man teruggekom het. Toe my man instap en ons twee in trane kry
was sy eerste gedagte dat daar iets met die jongste dogter-hulle gebeur het.
Ek sal daardie dag nooit in my lewe vergeet nie...... ons was al ‘n ruk
bekommerd oor die moesie en met baie gesoebat het hy ingestem dat my dogter
daarna moet kyk. Sy het dadelik gesien
dat dit nie goed lyk nie en biopsie voorgestel.
Die resultate was skokkend vir haar en sy het dit na ‘n sjirurg geneem
wat terugvoering gegee het. Die
gevoelens die dag en die week daarna kan ek nie beskryf nie...totale
verslaentheid, skok, ontnugtering en veral vrees vir die onbekende wat wag. Ons
het so baie gehuil in die paar dae in Marlothpark en my man het net gese dat hy
gedink het “hoekom ek?” en die antwoord wat hy gekry het was “hoekom nie ek
nie?”. Hy was ongelooflik sterk saam met
al die hartseer en veral die vrees dat ons dalk nie saam sal kan oud word nie.
Daarna het die groot nagmerrie van baie wag veral begin..... Eers na die
sjirurg wat hom toe in die hospitaal opgeneem het om die res van die kanker
gewas te verwyder om vas te stel of daar enige verspreiding is......en die was
die eerste keer wat my arme man in sy hele lewe in ‘n hospitaal was vir ‘n
operasie. ‘n Groot blok om die moesie is
uitgesny en ons moes vir die patologie
verslag wag. Dit was die begin van baie
wag vir uitslae......ek dink die ergste deel want elke keer was die wag lank en
dit terwyl ons almal so angstig was dat daar net met iets begin moet word. Die uitslag.......daar is reeds verspreiding
na die limfkliere onder die linkerarm.
Van die groot kliere is tydens die operasie verwyder.
Ons is verwys na n onkoloog vir kankerbehandeling. Eerstens moes my man
vir vir 'n "pet scan" gaan om vas te stel of daar enige verdere
verspreiding is en dan sal op behandeling besluit word. Eerste besoek aan
onkoloog was op 6 Maart en kon eers afspraak kry vir 'scan' op 6 April.
Facebook boodskap op 7 Maart:
Was na onkoloog - melanoom reeds
graad 3. Petscan 6 Apr. As verder versprei behandeling daarvolgens anders 52
weke Interferon behandeling. Dus nog rowwe tydjie voor. Bid asb nog vir
Charles. Ons bly positief en glo ons sal die stryd wen.
No comments:
Post a Comment